featured

There are levels to this darkness: Two Poems

By Gershwin Wanneburg


What if no one is looking?

(a graphic poem)

“Disremembered and unaccounted for, she cannot be lost because no one is looking for her, and even if they

were, how can they call her if they don’t know her name?” – from Beloved by Toni Morrison


Based on messages posted on a WhatsApp crime group in October 2023.


11 October, 2023
12 October 2023
13 October, 2023



15 October, 2023
16 October, 2023




Where would we be without the ANC?

Waar sou ons wees sonder die ANC?

Now playing: Lil’ Kim – No Matter What They Say 

Dit speel nou: Lil’ Kim – Maak nie saak wat hulle sê nie

4 April 2024

Please note: The following story may upset some listeners.

The Ladybrand Magistrate’s Court in the Free State yesterday sentenced a man to life imprisonment for rape.

He also faces a fine of three-thousand rand or six months in jail for illegal immigration.

The father raped his nine-year-old son in 2021 after taking him to the mountain under the disguise that they were going to dig for muti.

The son reported the violation to his stepmother, who refused to talk in court.

Police say they welcome the sentence and hope it sends a strong message to wannabe perpetrators.

4 April 2024

Let wel: Die volgende storie kan sommige luisteraars ontstel.

Die Ladybrand-landdroshof in die Vrystaat het gister ‘n man lewenslange tronkstraf opgelê vir verkragting.

Hy staar ook ‘n boete van drieduisend rand of ses maande tronkstraf in die gesig vir onwettige immigrasie.

Die pa het sy negejarige seun in 2021 verkrag nadat hy hom berg toe geneem het onder die voorwendsel dat hulle vir muti gaan grawe.

Die seun het die oortreding aangemeld by sy stiefma wie geweier het om in die hof te praat.

Die polisie sê hulle verwelkom die vonnis en hoop dit stuur ‘n sterk waarskuwing aan diegene wat dit oorweeg om sulke misdade te pleeg.


29 May 2024

The police arrested a 43-year-old man suspected of raping a minor in Makhitha Village in Limpopo on Tuesday. 

A 14-year-old girl revealed to her teacher on Monday that a man raped her more than once. 

The first incident took place last year, and the suspect allegedly promised to pay the victim for her silence. 

The most recent incident happened on Saturday when the suspect called the victim to his home and ordered her to get inside the house, where he sexually assaulted her. 

Police spokesperson, Colonel Malesela Ledwaba, says the suspect will appear before the Tshilwavhusiku Magistrate’s Court tomorrow.


29 Mei 2024

Die polisie het ‘n 43-jarige man in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hy ‘n minderjarige Dinsdag in Makhitha in Limpopo verkrag het.

’n 14-jarige meisie het Maandag aan haar onderwyser onthul dat ’n man haar meer as een maal verkrag het.

Die eerste voorval het verlede jaar plaasgevind, en die verdagte het glo belowe om die slagoffer vir haar stilswye te betaal.

Die mees onlangse voorval het Saterdag gebeur toe die verdagte die slagoffer na sy huis laat kom het en haar beveel het om in die huis in te gaan, waar hy haar seksueel aangerand het.

’n Polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, sê die verdagte sal môre voor die Tshilwavhusiku-landdroshof verskyn.


10 February 2025

A 37-year-old man appeared in the Bushbuckridge Magistrate’s Court in Mpumalanga today for rape.

The suspect allegedly raped a 60-year-old woman on Saturday in Hlamalani.

It is reported that the victim was walking on the street when she was attacked.

The victim’s grandson caught the suspect in the act and he fled the scene.

The matter was immediately reported to the police and the suspect was traced and arrested.


10 Februarie 2025

’n 37-jarige man het vandag in die Bosbokrand-landdroshof in Mpumalanga verskyn vir op aanklag van verkragting.

Die verdagte het na bewering ’n 60-jarige vrou Saterdag in Hlamalani verkrag.

Daar word berig dat die slagoffer in die straat geloop het toe sy aangeval is.

Die slagoffer se kleinseun het die verdagte glo op heterdaad betrap, waarna hy van die toneel gevlug het.

Die saak is dadelik by die polisie aangemeld en die verdagte is opgespoor en gearresteer.


18 February 2025

The Eastern Cape High Court has sentenced a 56-year-old man to two life terms for rape.

Neil Cramford raped a 10-year-old girl in Michausdal between 2023 and 2024.

It is reported that Cramford used to invite the victim to his house to help him with chores.

The accused raped the victim multiple times in his house and threatened to harm her if she reported the incidents to her family.

The victim told her aunt about the incidents and the matter was reported to the police.

A spokesperson for the National Prosecuting Authority, Luxolo Tyali, welcomed the sentence.


18 Februarie 2025

Die Oos-Kaapse hooggeregshof het ’n 56-jarige man tot twee lewenslange vonnisse gevonnis vir verkragting.

Neil Cramford het tussen 2023 en 2024 ’n 10-jarige meisie in Michausdal verkrag.

Daar word berig dat Cramford die slagoffer na sy huis genooi het om hom met takies te help.

Die beskuldigde het die slagoffer verskeie kere in sy huis verkrag en gedreig om haar leed aan te doen as sy die voorvalle by haar familie aanmeld.

Die slagoffer het haar tante van die voorvalle vertel en die saak is by die polisie aangemeld.

’n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Luxolo Tyali, het die vonnis verwelkom.


19 February 2025

The Mpumalanga High Court has sentenced a 46-year-old man to life imprisonment for murder.

Muzikayise Koloba Fakude killed a 71-year-old woman in 2022 after he broke into the victim’s house in Emkhondo.

The accused stabbed the victim with a bush knife after she told him there was no money in the house.

A spokesperson for the National Prosecuting Authority, Monica Nyuswa, describes the brutal crime.


19 Februarie 2025

Die hooggeregshof in Mpumalanga het ’n 46-jarige man lewenslange tronkstraf opgelê vir moord.

Muzikayise Koloba Fakude het ’n 71-jarige vrou in 2022 vermoor nadat hy by die slagoffer se huis in Emkhondo ingebreek het.

Die beskuldigde het die slagoffer met ’n bosmes gesteek nadat sy vir hom gesê het daar is nie geld in die huis nie.

’n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, het die misdaad as wreed beskryf.


21 February 2025

A 21-year-old Eastern Cape man has been sentenced to life behind bars for raping his girlfriend’s eight-year-old sister.

The Nxuba Regional Court found Selwin Biebie Holster guilty of the 2024 rape.

Holster raped the child while his girlfriend and the mother slept in the house.

Police arrested Holster after the victim reported the assault to her aunt hours after the rape.

The court found that Holster had premeditated the crime.

The provincial Director of Public Prosecutions, Barry Madolo, welcomed the sentence.


21 Februarie 2025

’n 21-jarige Oos-Kapenaar is lewenslank agter tralies gevonnis vir die verkragting van sy meisie se agtjarige suster.

Die Nxuba-streekhof het Selwin Biebie Holster skuldig bevind aan die 2024-verkragting.

Holster het die kind verkrag terwyl sy meisie en die ma in die huis geslaap het.

Die polisie het Holster gearresteer nadat die slagoffer die aanranding ure ná die verkragting by haar tante aangemeld het.

Die hof het bevind dat Holster die misdaad beplan het.

Die provinsiale direkteur van openbare vervolging, Barry Madolo, het die vonnis verwelkom.


24 February 2025

The police in the Free State have launched a manhunt after a 34-year-old woman was killed in Botshabelo.

The victim and her friend were attacked after they visited the 38-year-old suspect in E Section yesterday.

It is alleged that the suspect attacked the deceased after she attempted to leave his house.

The suspect stabbed the deceased with a knife and raped her friend.

Police urge anyone with information about the whereabouts of the suspect to visit their nearest police station.


24 Februarie 2025

Die polisie in die Vrystaat het ’n soektog van stapel gestuur nadat ’n 34-jarige vrou in Botshabelo vermoor is.

Die slagoffer en haar vriendin is aangeval nadat hulle die 38-jarige verdagte gister in E-afdeling besoek het.

Daar word beweer dat die verdagte die oorledene aangeval het nadat sy gepoog het om sy huis te verlaat.

Die verdagte het die oorledene met ’n mes gesteek en haar vriendin verkrag.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor waar die verdagte is om hul naaste polisiekantoor  te besoek.


There are levels to this darkness.

Mr Lesufi, 

the people would like a word.

The city of gold
has a crisis.

It’s not the ballooning deficit of
the health department. 

It’s not the rotting pipes 
or the drought 
hundreds of miles 
from any desert.

It’s not the cable theft or vandalism
It’s not the broken traffic lights
Or the potholes or the crime and lawlessness.

It’s not the informal settlements or the power cuts or the increase in Gender-Based Violence and Femicide.

It’s not the drug abuse, or the lack of service at our hospitals and clinics, or the lack of schools, failing infrastructure and CBDs, or the unemployment.

It’s the fact that you 
talk about the people
like you’re not one of us. 

What if those people trapped underground were CEOs?

Daar is vlakke tot hierdie duisternis.

Mnr Lesufi,
die mense wil graag gesels
 

Die stad van goud
is in ’n krisis

Dit is nie die stygende tekort
in die gesondheidsdepartement nie

Dis nie die verrottende pype 
of die droogte

honderde kilometers
ver van die woestyn nie.

Dis nie die kabeldiefstal of vandalisme nie

Dis nie die stukkende verkeersligte nie

Of die slaggate of die misdaad en wetteloosheid.

Dis nie die informele nedersettings of die
kragonderbrekings of die toename in
geslagsgebaseerde geweld en vrouemoorde nie.

Dis nie die dwelmmisbruik, of die gebrek aan
dienslewering by ons hospitale en klinieke, of die
gebrek aan skole, gebrekkige infrastruktuur en
sakegebiede, of die werkloosheid nie.

Dis die feit dat jy
praat oor die mense
asof jy nie een van ons is nie.

Wat sou gebeur het as dit grootkoppe was wat in
daardie myne vasgevang was?


Gershwin Wanneburg is a South African writer and editor, whose career credentials include Reuters news agency and the African Development Bank. See more of his work on Substackon his website, his blog purpletolavender, and on Instagram at gershwinwanneburg.

Leave a comment